Image for Grusaam: Die dade en geweldenaars wat Suid-Afrika geruk het

Grusaam: Die dade en geweldenaars wat Suid-Afrika geruk het

See all formats and editions

In hierdie boek loop die ondersoekende joernalis De Wet Potgieter terug op die spore van 'n klomp geweldenaars in ons land se geskiedenis.

Die geweldsmisdade, wat van die laat tagtigerjare tot in die nuwe millennium gepleeg is, wissel van fanatiese verregses wat onskuldige medeburgers koelbloedig afmaai, tot geweldenaars wat hoeprofiel-staatsmoorde gepleeg het.

Hy neem die leser tot agter die skerms van die mees omstrede voorvalle in ons land.

Met sy onverskrokke skryfstyl trek Potgieter jou midde-in die sake in.

In Grusaam deel hy inligting wat nog nie voorheen openbaar gemaak is nie.

Wat het werklik die nag van 17 Junie 1992 in Boipatong gebeur?

Wat was die dryfkrag agter die gru-aanval op Alison Botha?

Wat het van die doodgewone polisieman Andr Stander 'n gewetenlose bankrower gemaak?

Wie het eerste die verband tussen Gert van Rooyen se slagoffers en 'n moontlike mensehandelsaak raakgesien?

Potgieter vertel hoe hy as joernalis te werk gegaan het om verslag te doen oor elk van di interessante, grusame sake.

Hierdie boek neem jou terug na die bloedige koerantopskrifte van gister.

Read More
Available
£8.00
Add Line Customisation
Available on VLeBooks
Add to List
Product Details
Penguin
1770229132 / 9781770229136
eBook (Adobe Pdf)
01/10/2015
Afrikaans
221 pages
Copy: 10%; print: 10%