Image for Hartebreker: Christiaan Barnard en die eerste hartoorplanning

Hartebreker: Christiaan Barnard en die eerste hartoorplanning

See all formats and editions

Vir die vroue wat hy met sy rolprentsterglimlag betower het, was Chris Barnard 'n hartebreker.

Vir sy pasiente 'n harteheler. Die nuwe biografie oor Suid-Afrika se beroemdste hartsjirurg vertel nie net van Barnard se kinderjare in Beaufort-Wes, sy prominente huwelike (en egskeidings) en flambojante lewe nie.

James Styan ondersoek ook die impak van die historiese eerste hartoorplanting op Barnard se persoonlik lewe en op die Suid-Afrikaanse gemeenskap in die algemeen, waar apartheidswetgewing dikwels die probleme van geneeskunde nog ingewikkelder gemaak het.

Die rol van swart mediese personeel soos Hamilton Naki word bespreek, sowel as die intense wedywering wat tussen ander beroemde hartsjirurge en Barnard ontstaan het.Hoe het Barnard dit reggekry om hulle almal in die resies om lewe en dood te wen?

Hoeveel het sy welbekende sjarme daarmee te doen gehad?

En wat is Barnard se nalatenskap vandag, in die lig van sy latere suksesse en aansienlike mislukkings?

Styan dek dit alles in die fassinerende nuwe blik op Chris Barnard.

Read More
Special order line: only available to educational & business accounts. Sign In
£8.30
Product Details
Jonathan Ball Publishers
1868428419 / 9781868428410
eBook (EPUB)
05/12/2017
Afrikaans
256 pages
Copy: 20%; print: 20%