Image for Sara

Sara

See all formats and editions

Tien dae lank praat Sara nou al met God, die Almagtige.

Hiervoor het sy haar donkie opgesaal nadat Abraham met hulle enigste kind, twee slawe en 'n bondel vuurmaakhout op 'n pakdonkie in die verte verdwyn het.

Met die sluier oor haar gesig is sy vrou-alleen by almal in die kamp verby, die woestyn in.

Sy, wat so bang is vir die giftige slange en skerpioene van die Negev, het die groot skerpioen naby haar skaars raakgesien toe sy op die grond neergeval en na die onsigbare God begin roep het...

In die roman word Abraham van die Bybel deur sy vrou Sara se oe gesien.

Die leser word meegesleur na die Middel-Bronstydperk, na die mense van die sondvloed, na Abraham se stanings en huwelik, sy swakhede en sy geloofspad, en die lewe van sy vrou Sara.

En gekonfronteer met die Wese en die werklikheid van God.

Read More
Title Unavailable: Withdrawn
Product Details
Lux Verbi
0796320659 / 9780796320650
Ebook
14/02/2019
Afrikaans
384 pages