Image for Die Voeltjies Se ABC

Die Voeltjies Se ABC

Grobler, PietGrobler, Piet(Illustrated by)Kleyn, Shane(Translated by)
See all formats and editions

Piet Grobler (1959) is 'n welbekende, veelbekroonde en internasionaal erkende Suid-Afrikaanse kinderboek-illustreerder, sowel as 'n gevestigde kunstenaar wat se werk plaaslik en oorsee aftrek geniet.

In hierdie boekie beeld Piet Grobler die alfabet op sy eiesoortige, baie oorspronklike manier uit.

By elke letter laat hy die voeltjie iets se en doen; een drink 'n glas leeg en breek 'n wind op (Burp!), 'n ander sit rustig op 'n tak tot 'n appel op sy kop val (Doink!), en ander voeltjies eet wurms (Njam!) of le eiers (Plop!).

Elke letter beslaan twee bladsye. Daar word telkens hoof- en kleinletters verskaf. Die interaksie tussen teks en illustrasie is baie snaaks: So breek 'n houtkapper 'n "T" met sy snawel middeldeur (Tok-tok-tok ...) en maak 'n ander voel sy nes bo in die "Y".

Die voeltjies se ABC is 'n bekoorlike boekie wat vir ieder en elk plesier sal verskaf!

Read More
Special order line: only available to educational & business accounts. Sign In
£8.50
Product Details
Protea Boekhuis
1869195086 / 9781869195083
Hardback
21/02/2012
South Africa
52 pages, Full colour illustrations
140 x 150 mm, 155 grams
Children / Juvenile Learn More