Image for Wanneer passie blom

Wanneer passie blom

See all formats and editions

Dis nou nie wat Janie in gedagte gehad het met haar bedelbriefies aan Kupido nie!

Sy't dan so mooi gevra: Net 'n gewone man, seblief. Hy hoef glad nie so danig aantreklik te wees nie. Sy't nie gevra vir Ryno Bruwer nie: Gans en al te mooi vir 'n mens, ongeskik en seksisties daarby, en om alles te kroon die nuwe eienaar van haar familieplaas Bloemendal, en dus in staat om haar en Thea uit hul blomwinkeltjie op die plaas te skop!

The Daisy Chain is Janie se lewe, dit en haar orgidee - en nou moet hulle geepad van die plaas af en sal hulle nooit weer 'n bekostigbare perseel vind nie.

Sy behoort die man nooit te vergewe nie . . . Maar hier gaan sy dan nou op 'n afspraak saam met hom!

Hulle kan nie ophou stry nie, en tog . . . Hy's nog meer van 'n orgideliefhebber as Janie . . . en daardie o Wanneer Ryno haar die eerste keer soen, weet Janie hier's groot moles.

Want wat sy voel en wat sy wt - Ryno is die allerlaaste man vir haar - klop net nie.

Wat is hier aan die blom: 'n eendagmooi bloeiseltjie of 'n langlewe-orgidee?

Read More
Title Unavailable: Withdrawn
Product Details
Tafelberg
062406798X / 9780624067986
Ebook
07/07/2014
Afrikaans
224 pages