Image for Misverstand

Misverstand

See all formats and editions

Willem Prins bewandel die strate van Parys. Eens was hy op koers om 'n gerekende skrywer in Suid-Afrika te word, maar na jare se probeer wink die koue water van die Seine - miskien sal sy verdrinking sy boekverkope bietjie opstoot, dink 'n swartgallige Willem.

Tot sy skaamte is dit die erotika wat hy onder 'n skuilnaam skryf wat hom na Frankryk gebring het.

Terug na die stad waar een van sy drie eksvroue saam met sy oudste seun woon, 'n jong man wat sy pa skaars ken.

Vir Willem is Parys nie juis die stad van liefde nie, maar dit is hier waar hy vir Jackie ontmoet, 'n jong Suid-Afrikaner wat as au pair werk.

Dit is ook sy wat saam met hom is die Vrydagaand die dertiende toe terreur in Parys losbars.

Misverstand is die dertiende roman van een van Suid-Afrika se gewildste skrywers. 'n Roman oor die ontnugtering van die middeljare, die lewe se onweerswolke wat dikwels dreig, en oor bande tussen mense wat beskut.

Read More
Title Unavailable: Out of Print
Product Details
Penguin Books (South Africa)
1485903505 / 9781485903505
Paperback / softback
01/03/2017
South Africa
272 pages
153 x 234 mm
General (US: Trade) Learn More