Image for Op reis met 'n hond

Op reis met 'n hond

See all formats and editions

'n Interessante en gesaghebbende nuwe vertellerstem. Die vertellings in hierdie debuutbundel speel op mekaar in en ontgin op onderbeklemtoonde wyse en in 'n elegiese toonaard temas soos verlies, die verlede, geweld, vervreemding, skuld, die rol van kuns, die spanning tussen die Europese en Afrika-bewussyn. Dieselfde stem klink deur al die vertellings, wat gekenmerk word deur fyn waarneming en herhalende motiewe, met oomblikke van wrang humor (in bv. die makaber-humoristiese '"Skemeraand op 'n Boereplaas, oftewel Gotterdammerung op Gebedsfontein").Herhalende motiewe sluit onder meer in die hond (as simbool van die onontkombaarheid van die verlede, van die dood?), die politiese onsekerheid in die land, die kunstenaarsfiguur wat vervreem word van die werklikheid en ontvlugting vind in die Europese letterkunde. Die vertellings is uiteindelik 'n oopteken van 'n landskap van verlies, maar nie sonder 'n afstandelike ironie en die salwing wat kuns en herinneringe ook kan bring nie.

Read More
Title Unavailable: Withdrawn
Product Details
Human & Rousseau
079815327X / 9780798153270
Ebook
30/08/2010
South Africa
English
220 pages