Image for Anna

Anna : Dogter van Engela van Bengale

See all formats and editions

In die tekstuurryke verhaal herskep die skrywer die fassinerende lewe aan die Kaap in die sewentiende eeu.

Sy laat herleef talle interessante personasies, vanaf Eva van Meerhof - ofte wel Krotoa de Cochoqua - tot verskeie kommandeurs en besoekers.

Die verhaal dring geleidelik deur tot in die brandpunt van Annie de Koning se bestaan.

Beide sy en haar moeder onderskei hulle deur hulle innerlike vuur, intelligensie, en die smagting na meer die vlieers van hulle ambisie sweef inderdaad hoog in die blou Kaapse lug.

Wanneer mooi Annie die soldatehart verower van die aantreklike Sweed, Olof Bergh, loop haar beker oor - van soet en suur.

Soos sy die een uitdaging na die ander onverskrokke tegemoetgaan, besef ons dat die bloudruk vir die gees van 'n vrou die afgelope 350 jaar nog g'n jota of titel verander het nie.

Read More
Title Unavailable: Out of Print
Product Details
David Philip Publishers
0864866712 / 9780864866714
Book
05/04/2005
South Africa
256 pages
125 x 210 mm, 500 grams
General (US: Trade) Learn More