Image for Japtrap-braai

Japtrap-braai

See all formats and editions

Die braai is sonder twyfel die gunsteling-tydverdryf vir die meeste Suid-Afrikaners.

Enige geleentheid - van geesbou tot 'n belangrike rugby-, sokker-, of krieketwedstryde, tot verjaardae en langnaweke, of net 'n blaaskans na 'n uitputtende week - het nie 'n tweede uitnodiging nodig om familie en vriende vir 'n braai bymekaar te kry nie.

As dit boonop moeiteloos, met die smaaklikste kos kan gebeur, is dit eenvoudig perfek.

Hilary Biler maak die voorbereiding van kos tydens 'n braai so eenvoudig moontlik.

Sy gebruik toeganklike, eenvoudige resepte geskik vir drie soorte braaie - die Weber Q-gasbraai, die Weber-ketelbraai en die ingeboude houtskool/hout-braai.

Die gasbraai is die maklikste om te bemeester. Al die inligting wat jy benodig, word in maklike, stap-vir-stap-instruksies weergegee.

Daar is meer as 100 resepte om van te kies en te keur - beesvleis, lamsvleis, varkvleis, hoender, vis, wildsvleis, vegetariese disse, slaaie en nageregte, elkeen met foto's om jou eetlus aan te wakker.

Al wat jy benodig, is jou voorskoot en 'n braaitang

Read More
Special order line: only available to educational & business accounts. Sign In
£6.50
Product Details
Random House
1432301217 / 9781432301217
eBook (Adobe Pdf)
04/10/2012
English
161 pages
Copy: 10%; print: 10%