Image for Die Weg Van Die Ongetemde Hart.

Die Weg Van Die Ongetemde Hart.

See all formats and editions

Elke man het 'n behoefte om geken te word - en homself te ken - as 'n ware man.

Om by hierdie punt te kom, is daar 'n oer-oue pad wat elke man (en seun) moet loop, 'n inisiasie wat hy moet voltooi om die twee vrae te beantwoord wat in sy hart brand: Wat verg dit om 'n ware man te wees?

En: Is ek 'n ware man?Ons leef in 'n era waar baie mans (en seuns) vaderloos voortsukkel.

Daar is nie genoeg ervare mans wat hulle kan help om deur die lewe se avonture, swaarkry en hoogtepunte as mans gevorm te word nie.

Dus strompel hulle op hul eie voort, geteister deur knaende onsekerheid wat lei tot vrees, woede, verveling en baie vorme van verslawing. Maar daar is 'n alternatief. 'Ons is nie veronderstel om die lewe op ons eie te prober uitpluis nie', se John Eldredge. 'God wil ons Pa wees. Hy wil ons gids wees op die manlike reis. Selfs al het jy nie 'n vaderfiguur gehad nie, kan God die gebeure in jou lewe gebruik om jou in te lyf as 'n man.

En Hy wil pa's wys hoe om dit vir hul seuns te doen.'Die weg van die ongetemde hart is 'n padkaart vir die manlike reis.

Dit sal jou lei om die man te word wat jy diep in jou hart wil wees - een wat weet hy is 'n man en wat leef vanuit daardie diep, onwrikbare oortuiging. Dit maak nie saak hoe oud jy word nie. Jou Pa is reg om jou op die reis na ware manwees te neem.

Want jy is sy seun.

Read More
Title Unavailable: Withdrawn
Product Details
Struik Christian Media
1415317615 / 9781415317617
Ebook
13/01/2012
English
276 pages