Image for Die fortuinsoekers: Die Mannheim-sage 1

Die fortuinsoekers: Die Mannheim-sage 1

See all formats and editions

"Die mens is 'n verbasende wese, dink hy, om tegelykertyd soveel botsende emosies te kan ervaar en verwerk.

Aan die een kant het hy nou met doelgerigtheid 'n man se dood beplan.

Dit bevredig hom. Verraad vir verraad." Dis die goudstormloop van die 1880's in Johannesburg.

Hebsug, verraad en passie is aan die orde van die dag.

Die sewentienjarige Deborah von Albein word gedwing om hul familieplaas in die Karoo te verlaat en na die Goudstad te verhuis.

Dis hier, terwyl sy onverwags as hul gesin se broodwinner optree, waar sy boonop moet kies tussen Kit Malloy, 'n ambisieuse dobbelsaloneienaar, en Karl Mannheim, die eksentrieke erfgenaam van die Mannheim-fortuin.

Malloy se ambisie kom hom egter duur te staan wanneer sy onderhandelinge met Paul Kruger bots met die ideale van Cecil John Rhodes.

En Karl Mannheim se obsessies bereik 'n breekpunt wanneer die vooruitsig van 'n volmaakte toekoms een nag aan skerwe spat.

Onvermydelike konfrontasies volg. En so begin die drieluik van Die Mannheim-sage . . . Gebaseer op die gewilde radio- en TV-reeks deur die bekende aktrise en skrywer Lerina Erasmus.

Read More
Title Unavailable: Withdrawn
Product Details
Human & Rousseau
0798174552 / 9780798174558
Ebook
06/04/2017
Afrikaans
688 pages