Image for Die Buiter Seevier

Die Buiter Seevier

Part of the Die Buiter Reeks series
See all formats and editions

DIE BUITER SEEVIER - DIE BUITER REEKSLees gerus die opwindende verhale van A man wat 'n merkwaardige dubbele lewe gelei het.

Hy word die Buiter genoem. Mense sien hom as die rykste edelman aan die Kaap, die onskynlik ledige en verveelde graaf Jean de Moreaux.

Daar is ook die mooi Rossouw-susters, Jacques, Pierre, Phillip en sy getroue staatmaker, Andre.

Hierdie paar getroue vriende wat sy identiteit ken en hom nooit sal verraai nie, ken hom as A onverskrokke waaghals wat 'n onuitblusbare regverdigheidsin het.

Die publiek sien die geheimsinnige Buiter as 'n hoflike, adellike en kleurryke nagtelike ruiter.

Hy is galant en word gevrees deur skurke. Tussen die ho adellike kringe word hy hoog geag weens sy geld en status.In die nagtelike ure kom die Buiter uit die skaduwees.

Dan het hy 'n swart gewaad en masker oor sy gesig. Op die rug van 'n swart trippelende hings is hy gewapen met A swaard in sy hand, 'n vlymskerp rapier in die skede van sy saalsak en met sy twee pistole gereed in sy lyfband, is hy reg om enige gevaar aan te durf.

As jy mooi kyk sal jy teen die hange van Leeuwberg 'n perd rats tussen bosse en struike deur sien vleg en soms meer as een, as die Buiter en sy bende uit is op jag.

Hulle word nie gehoor nie en laat hulle ook nie keer nie.

Die Buiter is sonder uitsondering op die toneel wanneer onreg gepleeg word en geen booswig ontsnap aan sy waaghalsige metodes van vergelding nie.

Soos A moderne Robin Hood beroof hy die oorryk, ydele holui om aan die armes uit te deel of hulle bende gaan herstel onregte wat gepleeg is teenoor minderbevoorregtes.Dit is die era waar die klap van flitsende swaarde, pistoolskote en die donderende hoewe van talle perde in die nag gereeld gehoor kan word.

Waar die gemeenheid en woordelose wreedheid van skurke met hul pofmoue en fluweel kniebroeke gesien kan word.

Dit is die tydperk waar die aristokrasie heers en doen net wat hulle wil, tog kom hulle uiterlik voor as galante, buigende here van die Kaap.

Wie egter verdruk of veronreg word deur die aristokrasie, moet gehelp word, maak nie saak hoeveel slotte, soldate of klipmure daar in die Buiter se pad is nie.

Saam met sy vriende sluip hulle gereeld diep in die nag deur donker gangetjies, uitoorl en oorrompel saam wagte en stuur hulle selfs die ewigheid in, as die noodlot dit so beslis.

Hulle nagtelike ritte is altyd vol opwindende aksie, avontuur en vele gevare en nie lank nie dan spat die vonke behoorlik.In hierdie negende en laaste Buiter verhaal reeks, vertoef 'n invloedryke Franse Edelman aan die Kaap die Goeie Hoop, as gas van die Goewerneur.

Dit is algemeen bekend dat die baron die eienaar is van een van die grootste handelsvlote op die roete om die Kaap na die Ooste.

Maar wat nie bekend is nie en wat niemand selfs vermoed nie, is dat hy besig is met 'n komplot wat die lewens van honderde niksvermoedende mense bedreig.

Toe 'n onskuldige jong burger kort daarna onverwags in hegtenis geneem word, verskyn die Buiter op die toneel.

En toe 'n tweede burger vermoor word en 'n derde spoorloos verdwyn, begin die poppe behoorlik dans, want die gemaskerde man op die swart hings stuit vir niks en niemand en sy swaard is 'n ware verskrikking waarmee hy amok saai onder sy vyande...

Read More
Available
£31.44
Add Line Customisation
Available on VLeBooks
Add to List
Product Details
Publishdrive
1928498795 / 9781928498797
eBook (EPUB)
09/12/2021
Afrikaans
132 pages
Copy: 10%; print: 10%