Image for Soene onder die Kersboom

Soene onder die Kersboom

See all formats and editions

Serina Bothma kom pas uit 'n lang verhouding wat sleg geeindig het en wil niks van mans weet nie.

Maar Tiaan, een van haar leerders in haar graad een klas, het egter besluit dat sy die perfekte pasmaat sal wees vir sy enkellopende pa, Hugo.

Serina daag toevallig by dieselfde vakansieplek as Tiaan en Hugo op.

Hugo vermoed dat sy hom agtervolg het soontoe, maar is nie van plan om met haar betrokke te raak nie, al bekoor haar sagte stem en mooi oe hom.

Serina wil self nie haar nuutgevonde vryheid prysgee nie en beplan om te begin skryf.

Die enigste probleem is dat geen man haar al ooit so aangeraak het soos Hugo nie.

Serina en Hugo probeer mekaar vermy, maar klein Tiaan het ander idees.

Hy smee allerhande planne dat die twee gedurig in mekaar se geselskap beland.

Hy het mos vir Kersvader gevra dat sy pappa met sy juffrou moet trou.

En vir Kersvader is niks onmoontlik nie...

Read More
Special order line: only available to educational & business accounts. Sign In
£3.51
Product Details
Romanza
1776352920 / 9781776352920
eBook (EPUB)
01/12/2022
South Africa
English
192 pages
Copy: 10%; print: 10%