Image for My Lewe in God Se Wil (Eboek)

My Lewe in God Se Wil (Eboek)

See all formats and editions

Wat is God se wil? Dit is die groot vraag in gelowiges se lewe. Die meeste vra hierdie vraag as volg: "Wat is God se wil vir my lewe?" Die klem val veral op my lewe.

Die meeste mense bly lewenslank onseker oor die antwoord.

Almal praat, bid, preek en verskil oor God se wil, maar min antwoord positief op die volgende vraag: "Is jou lewe tans binne God se wil?" In MY LEWE IN GOD SE WIL fokus Stephan Joubert in 365 dagstukke op verskillende fasette van God se wil.

Hy fokus onder meer op: God se wil deur gebed, 'n Bybel-roetegids na God se wil en waar pas God se wil in as ons ly?

God se wil is veel eenvoudiger, baie mooier en ook makliker doenbaar as wat jy dink.

God is in beheer. Hy is op sy troon. Hy is rustig aan die stuur van sake in die heelal. In en deur Christus gebeur God se wil glashelder. Leef in Hom, dan is jy in sy wil!

Read More
Title Unavailable: Withdrawn
Product Details
1431605670 / 9781431605675
Ebook
12/09/2011
Afrikaans
400 pages