Image for Eggo's in die skimberge

Eggo's in die skimberge

See all formats and editions

Mattie Moolman en Henk Velder is al van kleintyd af beste maats.

Toe Mattie aand na aand die sterrereen oor die Skimberge oplet, oortuig sy Henk om saam met haar te gaan ondersoek instel.

Maar hulle kry teespoed toe hulle vlot by 'n waterval afstort.

Gelukkig kry hulle dit reg om uit die malende rivier te swem, en hulle begin stap in die hoop om weer hulle pad huis toe te vind.

In die ravyn ontdek hulle die elfkoninkryk Loherin. Hier raak hulle betrokke by die soektog na die elfkoningin se twee kinders, wat jare gelede op onverklaarbare wyse verdwyn het . . . En dit is maar net die begin van 'n reis wat Mattie en Henk se lewens handomkeer sal verander . . .

Read More
Title Unavailable: Withdrawn
Product Details
Tafelberg
062406834X / 9780624068341
Ebook
02/06/2014
Afrikaans
272 pages