Image for Mademoiselle Julie

Mademoiselle Julie

Part of the Sahara Avontuur reeks series
See all formats and editions

MADEMOISELLE JULIE - SAHARA AVONTUUR REEKSOngeveer 2000 Doelaks omsingel Fort Laval en eis van die Franse Vreemdelegioen bevelvoerder, kaptein Gaston Lefevre, om die fort sonder slag of stoot oor te gee.

Dit plaas hom in A uiters netelige posisie, want die Doelaks beweer dat hulle sy dogter, Julie Lefevre, geskaak het en dat hulle haar sal doodmaak indien hy en al sy manskappe nie die fort dadelik ontruim nie.

Die Arabiese sjeik belowe hom dat hy net belangstel in die fort en niks anders nie.

Kaptein Levefre besluit om te voldoen aan die versoek, tot groot skok van al sy manne en vra toe A vrywilliger om sy dogter te gaan haal en die finale relings te gaan tref.

Die Suid-Afrikaner Teuns Stegman, is die enigste een wat vorentoe tree en bereid is om die uiters gevaarlike taak aan te pak.Terwyl Teuns op pad is na die Doelak kamp, net buite die fort, besluit sersant Zhakof om beheer oor die fort te neem en vir kaptein Lefevre onder arres te plaas.

Hy sein vir Teuns om onmiddellik terug te kom, maar voor Teuns die fort kan bereik, word hy gevange geneem deur die Doelaks.

In die sjeik se hooftent ontmoet hy vir Julie Lefevre, een van die mooiste vroue wat hy nog gesien het.

Die sjeik gee vir Teuns presies 15 minute om terug te gaan fort toe en die oorname van die fort te eis, anders sterf Julie.

Teuns daag toe nooit op nie, maar in sy plek daag kaptein Lefevre skielik uit die bloute op, tot groot verbasing van die sjeik.

Hy neem hom toe na die Fort toe om die oorname van die fort te gaan eis.Toe hulle egter die fort bereik, kry hulle tot hulle uiterste skok en verbasing A le fort, met geen soldaat rens in die fort versteek nie.

Hulle sukkel om die geheim uit te pluis, want hoe kon al die soldate onwetend deur die Doelak-linie dring wat rondom die fort opgestel is en toe ook net spoorloos verdwyn.

Sjeik Feisan gebied vir kaptein Lefevre om hom na die wapenkamer te vergesel, want dit is eintlik die wapens en ammunisie waarin hy regtig belangstel.

Maar weereens is die sjeik erg teleurgesteld, want wat hy daar vind is nie wat hy enigsins verwag het nie.

Asof dit nie al is nie, gebeur daar nog iets in die wapenkamer wat die Doelaks in A uiters benarde situasie plaas.

Gou vlieg die lood in alle rigtings en die een spannende situasie op die volgende vind plaas, tot groot frustrasie en ellende vir die sjeik en sy volgelinge.

Tussen die sjeik en dit waarvoor hy gekom het, is daar een baie dapper en intelligente man wat hom groot hoofberekenings gee en die een plan na die ander van hom in die wiele bly ry...

Read More
Available
£22.00
Add Line Customisation
Available on VLeBooks
Add to List
Product Details
Publishdrive
1928498094 / 9781928498094
eBook (EPUB)
13/03/2022
South Africa
Afrikaans
151 pages
Copy: 10%; print: 10%