Image for Sterre vir die donker

Sterre vir die donker

See all formats and editions

Dit is aaklig om op amper sewentien so baie dinge nie te weet nie.

Nie te weet of jou ma dalk reg is en jy net 'n pil moet drink om die donkerte te keer nie, nie te weet of jou broer se ambisie hom die kluts gaan laat kwyt raak nie.

Om nie eers te praat oor die feit dat jy glad nie te weet wat jy met die res van jou vreeslike gemiddelde lewe wil doen nie.

En die een persoon wat alles sou verstaan het, is vir altyd weg.

Gelukkig bring die nuwe jaar 'n paar veranderinge wat Helena so 'n bietjie ligter laat voel.

Haar viool begin weer sing, en sy besluit om self antwoorde te begin soek.

Ongelukkig is 'n antwoord egter nie altyd goeie nuus nie ...Hoe kon sy Luca met die duifgrys oe se gesels, sy hand om hare, so heeltemal verkeerd verstaan het?

Kan een dom-onnosele besluit se gevolge regtig so veruitkring dat dit iemand se toekoms sal vernietig?

Ergste nog, wat presies moet sy met al hierdie antwoorde doen?

Helena begin dink dat om nie te weet nie, dalk tog beter is.Skielik klink weghardloop na 'n goeie plan ... maar is dit?

Read More
Special order line: only available to educational & business accounts. Sign In
£7.04
Product Details
LAPA Uitgewers
0639601669 / 9780639601663
eBook (EPUB)
19/09/2020
English
160 pages
Copy: 10%; print: 10%