Image for Christine le Roux Keur 2

Christine le Roux Keur 2

See all formats and editions

"Sy voel skielik so veilig asof sy jare lank verdwaal het en nou uiteindelik op die regte pad is." Verborge liefde: Roland Meyer en Victoria Malan besluit om slegs 'n huwelik in naam te he.

Beide hou van die gemaklike en gerieflike ooreenkoms en die reels is tog duidelik genoeg uiteengesit.

Maar kitsoplossings kom 'n mens soms duur te staan. Liefdesvallei: Julia Eksteen hoop om haar tesis in die stilte en natuurskoon van Groenvallei te voltooi, maar die hardkoppige plaaseienaar, Gerard Koch, is allesbehalwe verwelkomend.

Haar spontane geaardheid laat mettertyd almal op die plaas ontdooi, en skielik lyk almal se lewenspaadjies anders.

Tot in ewigheid: Jacques en Kirsten is getroud na slegs ses hartstogtelike weke.

Maar is passie genoeg om te verseker dat hulle getrou aan mekaar sal bly?

Uitdraai na Ukuthula: Laetitia Jonker se besoek aan Ukuthula sou net tydelik wees, maar terwyl sy die binneversiering van die wildplaas behartig, raak sy onverwags dieper verstrengel in die nuwe onderneming. 'n Hele nuwe mens: Madie Neethling word dringend uitgeroep om na 'n baba om te sien.

Hoekom is die foto's van Bennie se ma stukkend geskeur en weggegooi?

En hoekom wil die pa nie aan sy seuntjie raak nie?

Read More
Title Unavailable: Withdrawn
Product Details
Human & Rousseau
0798174714 / 9780798174718
Ebook
08/05/2017
Afrikaans
404 pages