Image for Die engel en die bont bees

Die engel en die bont bees

See all formats and editions

"e;Nes 'n geslypte diamant het die waarheid baie kante.

Hoe dit vir jou skyn, hang af van waffer kant af jy kyk."e;Magrieta Malgas, die kleindogter van 'n renmaker en die half-Koranna Klein-Lit, word in die sewentigerjare vir die onwettige ontginning van edelgesteentes aangekla.

Saam met haar onwaarskynlike medebeskuldigdes, 'n bejaarde en 'n gestremde, beweer sy dat hulle die rivieroewer slegs maar oopgeskiet het om 'n oorlede vrou se as te bre waar 'n groot vloed dit sal meesleur. "e;Weg see toe."e;Susara Vermeulen, 'n ietwat onbeholpe verslaggewer, word Oranjerivier toe gestuur om die saak op te volg.

Sonder haar redakteur se medewete neem sy Magrieta se verhaal, getik in die Afrikaans van daardie streek, en 'n raaisel na 'n versteekte skat, saam.

Deurweef met liriese oomblikke en ou legendes, ontvou die storie van Ntatisi, die Matabele-krygsvrou wat 'n diamant op haar voorkop gedra en haar soldate vreesloos in die stryd gelei het.

Soos die Oranjerivier in vloed edelgesteentes saamspoel, raak Susara se verhaal met Magrieta s'n vervleg en word dit 'n reis na kennis van die mistieke, die self en lotsverbondenheidin Afrika.

Jeanette Ferreira oor Die engel en die bont bees: "e;Uit die metafore van 'n gesuurde brood en 'n rivier wat die oewers oorstyg, groei hier 'n wonderlik verbeeldingryke roman.

S word feite die klein begin van groot mites wat eweseer oortuig, diep verweef in Ou Afrika en die vele tonge van Afrikaans.

Uitsoek-Le Roux."e;

Read More
Special order line: only available to educational & business accounts. Sign In
£8.50
Product Details
1415205892 / 9781415205891
eBook (Adobe Pdf)
04/06/2014
English
488 pages
Copy: 10%; print: 10%