Image for Handelsryk in Die Ooste

Handelsryk in Die Ooste : Die Wereld Van Die VOC, 1619-1688 - Deel 2

See all formats and editions

Handelsryk in die Ooste is die tweede deel van 'n vyfdelige reeks oor vroee Europese vestiging aan die Kaap.

In die deel beskryf Karel Schoeman die totstandkoming en bestuur van die Verenigde Oost-Indische Compagnie (VOC) se uitgebreide handelsnetwerk in die gebied van die Indiese Oseaan gedurende die sewentiende eeu.

Vir die meeste Suid-Afrikaanse lesers wat maar min kennis van die VOC het, bied hierdie boek besonder baie insigte en word die stigting van die klein verversingspos aan die Kaap die Goeie Hoop in 1652 in konteks geplaas.

Dit gee byvoorbeeld aandag aan die groot intra-Asiatiese handelsnetwerk wat selfs voor die koms van die Portugese en Spaanse ontdekkingsreisigers in die gebied bestaan het, aan die wedywering tussen die seevarende moondhede Portugal, Nederland, Engeland en Frankryk om vastrapplek in verskillende Oosterse lande te kry en aan die soms bloedige stryd om monopoliee in die handel met kosbare produkte soos speserye, tekstiel en porselein te verkry. 'n Aantal hoofstukke word gewy aan Batavia, die VOC se administratiewe hoofstad: Vanuit die VOC-kantore is die retoervlote gekoordineer; hiervandaan is verkenningstogte na die binneland onderneem; het die amptenary en ryk handelaars 'n swierige lewenstyl ontwikkel en het kosbare Oosterse meubels en tapyte modieus geword.

Ten slotte word ook aandag aan die verskynsel van slawerny en die invloed wat dit gehad het op die koloniale lewe, ook aan die Kaap.

Read More
Special order line: only available to educational & business accounts. Sign In
£30.95
Product Details
Protea Boekhuis
1869192702 / 9781869192709
Hardback
01/07/2011
South Africa
350 pages, maps
164 x 240 mm, 802 grams
General (US: Trade) Learn More