Image for In die blou kamp

In die blou kamp

See all formats and editions

Dana Snyman is volksbesit. Hy reis rond deur Suid-Afrika en skryf oor sy ontmoetinge met mense langs die pad, die trokdrywers, die meisie wat in matriek swanger geraak het, donkie-eienaars, die vrou wat haar seun in die grensoorlog verloor het, Cliffie van Epping, oom Pik Botha in Pretoria...

Sy stories tref mens in die binnegoed. Soms is dit hartseer, maar soms skreeusnaaks, soos die storie oor sy ma wat sweer dat sy vanjaar "net iets ligs" vir die Kers-ete gaan bedien.

Met hierdie boek het Dana sy mees ontroerende of eiesoortige ontmoetings geboekstaaf.

Die meeste van die stories het hy aanvanklik op Facebook, waar hy duisende volgelinge het, gepos.

Die wat die grootste reaksie gekry het is hierin verwerk. 'n Ware interaktiewe Suid-Afrikaanse boek.

Read More
Title Unavailable: Withdrawn
Product Details
Tafelberg
0624072266 / 9780624072263
Ebook
22/06/2015
Afrikaans
304 pages