Image for Alles wat blink

Alles wat blink

See all formats and editions

'n Welder, 'n sjef, 'n finansiele bestuurder en 'n fortuinverteller saam op die lang pad met 'n boks human remains...Om die as te strooi van 'n vriendin wat lank vooraf geweet het sy gaan doodgaan, is nie speletjies nie.

Janine het gans te veel tyd gehad vir plannetjies maak en leidrade wegsteek vir hierdie laaste avontuur wat sy in as-vorm meemaak.

Haar vier mede-avonturiers moet in 'n begraafplaas ronddrentel, die misterieuse Miskloof soek en teen kloktorings opklouter, om nie te praat nie van 'n vark met die naam Daisy wat dink die pad behoort aan haar.Die vier is min lus.

Maar wat nie doodmaak nie, maak sterk. Vir die vier vroue wat bittermin ooghare het vir mekaar, is die swaarste taak om agter mekaar se toe deure in te loer - daar waar alles beslis nie blink nie.Einde ten laaste vind Sonja, Madie, Gerda en Karien egter dat dit makliker was om moeilik te wees voor hul pienk Volksie se wiele uit die Kaap gerol het.

Read More
Title Unavailable: Withdrawn
Product Details
Queillerie
0795800371 / 9780795800375
Ebook
20/07/2012
Afrikaans
160 pages