Image for Se Weer?: Uitsprake deur beroemdes, berugtes and die wat eerder moes stilgebly het!

Se Weer?: Uitsprake deur beroemdes, berugtes and die wat eerder moes stilgebly het!

See all formats and editions

Drama en rampspoed, opwinding en vrees - kan daar gou weer 'n jaar wees soos die een wat pas verby is?

Hierdie bundel van meer as 400 aanhalings uit 'n jaar se nuus sal jou soms laat lag, soms briesend maak en soms laat huil.

En soms met nuwe hoop vervul. Onthou jy die bekgeveg tussen Steve Hofmeyr en Bono van U2?

En die kaptein wat nie saam met sy span die storm tuis kom trotseer het na die soveelste Wereldbeker-krieketnederlaag nie?

Dis als hier, saamgevat in die kort en kragtige woorde van bekendes en onbekendes, van geliefde persoonlikhede en soms gehate politici.

Skop jou skoene uit, en maak gereed vir 'n warrelwind van indrukke - slegs moontlik in Suid-Afrika . . .

Read More
Title Unavailable: Withdrawn
Product Details
Kwela
0795703864 / 9780795703867
Ebook
01/11/2011
South Africa
Afrikaans
220 pages