Image for Weber Braaibybel

Weber Braaibybel

See all formats and editions

Weber Braaibybel is 'n alles-in-een-gids meesterklas oor elke aspek van die gewilde ketelbraai.

Of jy nou met gas of houtskool kook, sal hierdie omvattende gids alles dek wat die ywerige eienaar van 'n ketelbraai behoort te weet.

Leer hoe om die perfekte steak of ribbetjies gaar te maak, om 'n lamsbeen oop te vlek, om hoenderboudjies en -vlerkies te braai sonder om dit te verbrand, en hoe om 'n kalkoen te berook.

Daar is wenke en goeie idees wat die geheime van 'n suksesvolle braai sal onthul, terwyl hoofstukke oor marinades, geurmiddels en souse jou sal inspireer om jou eie kenmerkende smake saam te stel.

Van sosaties, tjops en burgers tot meer ingewikkelde spitbraaie, geroosterde groente, pizza oor die kole en piesang-s'mores, is hierdie boek propvol resepte vir braai regdeur die jaar.

As braai deel is van jou leefstyl en jy jou buitemuurse kookvernuf wil verbeter, hoef jy nie verder as Weber Braaibybel te soek nie!

Read More
Available
£11.50
Add Line Customisation
Available on VLeBooks
Add to List
Product Details
1432305271 / 9781432305277
eBook (Adobe Pdf)
22/09/2014
Afrikaans
312 pages
Copy: 10%; print: 10%