Image for Koning Van Katoren

Koning Van Katoren

Terlouw, JanHugo, Daniel(Translated by)
See all formats and editions

Die koning van Katoren is dood en daar is geen troonopvolger nie.

Vir 17 jaar regeer ses nare ministers die land - hulle beweer hulle is op soek na 'n nuwe koning, maar niks gebeur nie.

Op 'n dag arriveer 'n seun, Stach, by die paleis. Hy is gebore op die nag van die koning se dood en is vasbeslote om die nuwe koning te word.

Die ministers wil nie hulle lewenstyl prysgee nie en bedink sewe onmoontlike take vir Stach om te verrig.

Hulle is vas oortuig daarvan dat Stach nie die mas sal opkom nie, maar na die eerste taak is dit baie duidelik dat hy 'n ernstige bedreiging vir hulle inhou.

Jan Terlouw (1931-) het in 1970 gedebuteer as jeugboekskrywer.

Hy was die leier van D66, 'n liberale linksgesinde party in Nederland.

Hy het 'n opwindende en lewendige skryfstyl en, gekoppel aan sy sosiale bewustheid, skep hy magiese werke wat aansien en gewildheid geniet.

Hy is reeds tweemaal met De Gouden Griffel-prys bekroon.

Read More
Available
£15.95
Add Line Customisation
Usually dispatched within 4 weeks
Add to List
Product Details
Protea Boekhuis
186919361X / 9781869193614
Paperback / softback
21/06/2011
South Africa
184 pages
137 x 213 mm, 230 grams
Children / Juvenile Learn More